Bertus Krüger is aangestel as die nuwe hoof uitvoerende beampte van Raddix – die versekeringsafdeling van Suidwes Landbou.

Krüger was sedert 1994 ‘n senior landboukundige en later ‘n besproeiingspesialis in die Wes-Kaap. In 2002 het Krüger betrokke geraak in die versekeringswese as senior landbou-onderskrywer en later in meer senior bestuursposisies by verskeie versekeringshuise, naamlik ARS en later Santam, ABSA, AgriSeker, Marsh en Old Mutual.

Hy besit ‘n B.Sc. (Hons) graad in landbou asook ‘n MBA-graad. Volgens dr Herman van Schalkwyk, groep hoof uitvoerende beampte van Suidwes Landbou, is Krüger se kundigheid in verskeie versekeringsplatforms asook sy betrokkenheid by besigheidsontwikkeling, ‘n groot voordeel vir die maatskappy.

Krüger aanvaar op 1 Julie diens. – Persverklaring