Simon D’Aubrey, ‘n suikerrietprodusent van die Eshowe-omgewing in KwaZulu-Natal, is onlangs as die 2019 Kwanalu Jongboer van die Jaar aangewys. In Maandag se RSG Landbou brei hy uit oor sy boerdery en die uitdagings van die sukkelende suikerrietbedryf. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het ‘n WRSA Sentraal Kimberley plaaswerkeropleidingsdag op die plaas Wintershoek, bygewoon. Daar het hy met die organiseerders en kursusgangers wat die dag bygewoon het, gesels. Luister nou na hierdie onderhoude.

Daarna is Ian Bester van Kraal aan die woord. Hy brei onder andere meer uit oor nuwe tegnologie wat veebeweging naspeur. Luister nou na hierdie onderhoud.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Hennie Maas bring ons op hoogte van die nuutste veilings. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.