Izak Hofmeyr van Plaas Media het van 20-22 Mei die jaarlikse RuVASA-kongres in Umhlanga Rocks bygewoon. Daar het hy die geleentheid gehad om met ‘n bekende naam in die suiwelbedryf te gesels.

Dr Chris van Dijk, uitvoerende hoof van die Melkprodusente Organisasie (MPO), was die eerste spreker op dag een van die kongres. In die onderhoud hieronder gesels hy oor die huidige suiwelsituasie in Suid-Afrika. Hy praat ook oor kwessies wat in gedagte gehou moet word, soos die huidige politieke omgewing en ekonomiese omstandighede.

Genomika en tegnologie kan die algehele suiwelbedryf verbeter en die risikos wat daar buite sluimer bestuur. In die gesprek plaas dr Van Dijk klem op die feit dat veeartse betrokke moet raak by produsente en by die bedryf as ‘n geheel. Luister hieronder na die gesprek.

In sy tweede voorlegging by RuVASA, het dr Van Dijk gefokus op mastitis en die ekonomiese impak van kliniese en subkliniese mastitis hier in Suid-Afrika. Luister gerus na die interessante onderhoud hieronder.

Klik hier om meer te lees oor RuVASA 2019. Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.