Die bestuur van die Swartlandskou het in ’n persverklaring bekend gemaak dat vanjaar se skou nie sal plaasvind nie. Na verskeie uitvoerende bestuursvergaderings is daar besluit om die skou te kanselleer weens die onsekerheid gedurende die koronaviruspandemie.

Vanjaar se skou sou die 87ste Swartlandskou gewees het en om hierdie teleurstelling te bowe te kom is die bestuur reeds besig om ’n groter en beter skou te hou in 2021. Die datum vir die 2021 skou sal 1 tot 4 September wees. – Ursula Human, AgriOrbit