Die Suid-Afrikaanse wolbedryf het pas die ontstellende nuus ontvang dat die Chinese owerhede ’n verbod ingestel het op rouwol-uitvoere vanuit Suid-Afrika na China. In die lig hiervan het Sybokhaar Suid-Afrika bevestig dat sybokhaar-uitvoere na China nog nie geraak is nie.

“Die verbod is geplaas op rouwol-uitvoere. Geen onverwerkte sybokhaar word na China uitgevoer nie. Die grootste persentasie wol wat na China uitgevoer word, word egter voor verwerking uitgevoer. Dit is hoekom die verbod die wolbedryf raak, maar nie die sybokhaarbedryf nie,” sê Riaan Marais, woordvoerder vir Sybokhaar Suid-Afrika.

Marais bevestig dat alle veilings soos beplan sal voortgaan. “Ons sal onmiddellik met alle rolspelers in kommunikasie tree sodra enige nuwe inligting ontvang word. Ons verwag egter nie dat ’n verbod op sybokhaar-uitvoere ingestel sal word nie.” – Marike Brits, AgriOrbit

Klik hier om meer oor die verbod op wol-uitvoere te lees.