Mohair Photo by Stucken Group

Een van die fokuspunte in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou, is die pas-afgelope kongres van die Nasionale Sybokhaarkwekersvereniging. Carin Venter het onlangs op Graaff Reinet besoek gaan aflê om die kongres by te woon en het onder andere met die voorsitter van die vereniging, Kobus de Klerk, asook ‘n kongresganger en produsent, Michael Brosnahan, oor dié bedryf gesels.  Luister hier na dié onderhoude.

Daar is ook ‘n gesprek met Stefan Oberholzer van die bekende landboumaatskappy, OVK, wat vanjaar ‘n eeu oud is. Daleen van Zyl van Potchefstroom se wêreld gesels oor haar Simbra-stoet en hulle betrokkenheid by Hoërskool Wagpos. Daarna is Lindie Stroebel van die Produce Marketing Association (PMA) aan die woord om te vertel oor hulle sogenaamde ‘Centre for Growing Talent’.

Die liggingsdifferensiaal is al sedert die vestiging van die termynmark ‘n uitdaging vir produsente. Na verskeie onderhandelinge tussen Graan SA en die JSE, het laasgenoemde ‘n onafhanklike ondersoek geloods om opnuut die doeltreffendheid van dié stelsel te evalueer. Dis nou gegewe Suid-Afrika se unieke mark. Dr Dirk Strydom gesels meer hieroor.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur FNB.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.