Die derde sybokbaarveiling van die somer-verkoopseisoen vir 2018 het gemengde resultate opgelewer. Goeie kompetisie is van al die kopershuise ontvang, veral in die kleinbokkiehaar-segment. Die pryse van jongbokhaar het die opwaartse tendens van die vorige veiling voortgesit en in verkopers se guns gesluit.

Read it in English. 

Die pryse van veral kort, sterk grootbokhaar het onder druk gekom, terwyl lang, sterk grootbokhaar en fyn grootbokbaar onveranderd in kopers guns gesluit het. Die rand het met 1,9% teenoor die Amerikaanse dollar verswak en op R11,94 verhandel.

Die gemiddelde markaanwyser het 1,4% duurder gesluit op R255,83/kg in vergelyking met die vorige veiling. Dit is 38,5% duurder as die ooreenstemmende veiling van die vorige seisoen. Die gemiddelde pryse van kleinbokhaar het 8,2% hoër gesluit op R366,42/kg, terwyl jongbokhaar 1,6% hoër verhandel het op R293,74/kg. Fyn grootbokhaar was 0,3% goedkoper op R265,37/kg en sterk grootbokhaar het 0,1% goedkoper verhandel op R249,54/kg.

Die volgende veiling van die somer-verkoopseisoen sal op 17 April 2018 plaasvind. – Markverslag