Die tafeldruiweprodusente in die Oranjerivier-streek het die afgelope seisoen heelwat terugslae gehad en die toekoms van hierdie produk lyk nie meer so rooskleurig soos vroeër nie. Koos du Pisanie, ons RSG Landbou-verteenwoordiger in die Oos-Kaap, het tydens ‘n fees wat gehou is op Kakamas met een van produsente en ’n groot rolspeler in die uitvoermark, Tokka van den Heever, gesels om meer uit te vind oor wat verkeerd geloop en of dit ’n permanente invloed op die bedryf het. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur OVK.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.