Tegnologie en die gebruik van data in die landboubedryf

0

“Nuwe tegnologie is besig om elke bedryf te ontwrig en landbou is geen uitsondering nie,” sê Liza de Beer van Old Mutual Insure Kleinhandelbesigheid.

Lees hierdie artikel in Engels.

Sedert Maart 2020 versnel hierdie tendens egter, met die toenemende fokus op die belangrikheid van landbou vir ekonomiese herstel en voedselsekerheid in die toekoms.

Veranderende verbruikersgedrag en -verwagtinge

Vanweë inperkingsmaatreëls en die beperkings op die beweeglikheid van mense, is daar ‘n beduidende toename in mense wat aanlyn gaan vir produkte en dienste waarvoor hulle moontlik vroeër nie digitale kanale sou gebruik het nie.

Verbruikers ontdek nou meer produktiewe en kostedoeltreffende metodes om dieselfde take te verrig, hetsy vir transaksies, opvoeding, besigheid of persoonlike doeleindes. As gevolg hiervan, verwag hulle nie meer net die ervaring wat hulle voorheen aangebied is nie, maar het hulle nou baie hoër verwagtinge ontwikkel.

Dit veroorsaak onomkeerbare veranderinge in die manier waarop ons leef, eet, aankope doen en kommunikeer. Dit dra tot veranderende verbruikersbehoeftes by. Die wyse waarop individue en besighede met beide plaaslike en wêreldwye maatskappye skakel en besigheid doen, verander ook.

Hoe versnelde digitale aanvaarding besigheid beïnvloed

Verskeie bedrywe bied reeds kanaalvriendelike oplossings en toegang tot verskillende produkte binne bestaande verspreidings- en kleinhandelskanale aan. Al hoe meer besighede in die voedselketting is besig om by hierdie verandering in verbruikersgedrag en aanvraag aan te pas. Hulle pas ook hul produksielyne aan, verhoog kapasiteit om groter voorraad te bestuur, beweeg oor na aanlynplatforms en lewer direk by huishoudings af.

Net so het die gebruik van digitale tegnologie baie belangrik vir die landboubedryf geword, veral sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie. ‘n Versnelde digitale aanvaarding het ook ‘n nuwe ingesteldheid teweeggebring, met produsente wat die toekoms met ‘n oop gemoed verwelkom deur tegnologie – oud en nuut – ‘n kans te gee.

Daar word van mobiele tegnologie en toestelle, data-analise, kunsmatige intelligensie, die Internet van Dinge (IoT) en verskeie ander produkte, dienste en platforms wat digitaal gelewer word, gebruik gemaak.

Data is die sleutel tot suksesvolle boerdery in die toekoms

Of jy nou vragvolumes of produkte naspeur of produksie wil verhoog, nuwe tegnologie het die insameling, organisering en toepassing van data moeiteloos gemaak.

In ‘n vinnig-veranderende en onvoorspelbare landbou-omgewing, het dit nóg belangriker vir produsente geword om aan te pas, deur intydse, akkurate data-analises te doen om besluitneming te ondersteun.

Tegnologie stel produsente ook in staat om data oor, onder meer, grondgehalte, voginhoud en kunsmis te verkry, wat dan ook ‘n verlaging in waterverbruik, energie en kunsmistoediening tot gevolg het.

“Die gebruik van nuwe tegnologie en data sal help om die landbousektor vinniger te moderniseer en baie uitdagings die hoof te bied. Aanlynplatforms en digitale oplossings help produsente ook om maklik met diensverskaffers in verbinding te tree en om besigheid met verskaffers en belanghebbendes regoor die landbouwaardeketting doeltreffend te bestuur,” sluit Liza af.

Hierdie artikel het ten doel om inligting te verskaf en bied nie enige advies of regsadvies nie.

Besoek ons webwerf by www.ominsure.co.za vir inligting oor ons landbouprodukoplossings.

Alle produkte word deur Old Mutual Insure onderskryf. Old Mutual Insure is ’n gelisensieerde FDV en nie-lewensversekeraar.