Watter bydrae het tegnologie die afgelope tien jaar tot die landbousektor se groei gemaak? Dit is waaroor MC Loock van Standard Bank in Donderdag se program van RSG Landbou gesels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die Landbounavorsingsraad se Vleisbeestoekennings gee jaarliks erkenning aan veeprodusente wat werklik ‘n verskil maak. Een so ‘n persoon is dr Pieter de Kock, president van die Afrikanerbeestelergenootskap. Hennie Maas het met hom oor sy toekenning gesels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is dr Japie van der Westhuizen van SA Stamboek aan die woord en hy praat meer oor hulle deelname aan vanjaar se ALFA wat vanaf 17 tot 19 September op Parys aangebied word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daar is nog lekker veilings wat eersdaags plaasvind. Dié rondte is Ro’an van Tonder aan die woord en daarna is dit Steven Matthews. Luister nou na hierdie onderhoude.

Chris Derksen hou ons op hoogte met die jongste vleispryse vanaf veilings in die Noord-Vrystaat. Luister nou na hierdie onderhoud.

Ons sluit die program af met die bekende stem van RSG Landbou se eie weerkenner, die immergewilde Johan van den Berg van Santam Landbou. Hy brei uit oor die weerpatrone. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.