Obaro en die LWO Werkgewersorganisasie kuier op Donderdag 29 November in die Grootplaas ateljee.

Obaro sluit vanjaar omtrent op ‘n hoë noot af met die opening van sy 27ste handelswinkel hierdie komende naweek. Nic Bronkhorst vertel meer oor wat kliënte van dié nuwe tak in Pretoria kan verwag. Die wysigingswet op basiese diensvoorwaardes vereis dat werkgewers hulle werknemers se werksure aanteken. Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie vertel ons nou hoekom dit noodsaaklik is, en hoe die aanteken van werksure die doeltreffendheid van ‘n onderneming kan bevorder.

Inhoudsborg: Obaro

Nuusborg: Netafim

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kalenderborg: Swavet

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas