Volgens ’n berig op die Conservation Action Trust se webwerf het die wêreld se grootste jagklub, Safari Club International, die Suid-Afrikaanse leeubedryf ’n gevoelige slag toegedien deurdat hy leeuboere wat leeus in aanhouding teel, nou verbied om jagte van sulke diere te bemark of te adverteer. Voorts is aangekondig dat trofeë van leeus wat in aanhouding geteel is, nie meer vir die rekordboeke oorweeg sal word nie. Dié besluite is glo tydens die klub se nasionale konvensie in Las Vegas geneem.

Read it in English. 

Amerika het vroeër sy kommer uitgespreek dat die teel van leeus in aanhouding ’n bedreiging vir die genetiese integriteit van die spesie inhou, wat daartoe sal lei dat sulke leeus nie met welslae in die natuur vrygelaat kan word nie. Die teendeel is egter al in Suid-Afrika bewys.

PHASA sê op sy webwerf dat daar groot wanpersepsies heers oor die Suid-Afrikaanse leeubedryf wat binnekort met die relevante inligting reggestel sal word. – Andries Gouws, Veeplaas