Thabazimbi-interraswenners dring deur na Hinterland-kampioenskap

1211

Sowat 400 beeste van sewe beesrasse het op Thabazimbi gespog en meegeding om die kampioenskapspryse op die dorp se jaarlikse landbouskou. Die interraskampioene wat later vanjaar in die Hinterland Interras Vleisbeeskampioenskap tydens ALFA 2018 teen mekaar gaan meeding, is ook aangewys. ALFA vind van 18 tot 20 September by die Afridome in Parys plaas. – Andries Gouws, Veeplaas

Die interraskampioenbul op Thabazimbi se skou is dié Brahman, Magic AJS 17/675, van Willie Jacobs se Jacobs-Brahmanstoetery van Rietfontein, Rustenburg. Hy was ook die bulkalfkampioen van die Brahmane. By die bul is Phillip Lee van Hinterland, Willie Jacobs en Quintus de Wet van Promark. Die hanteerder is Jomo Modisane.
John en Tracey Devonport se seniorkampioen Limousin-koei is as die Thabazimbi-skou se interraskampioenkoei aangewys. Die koei kom uit hul Devland-stoetery by Vaaldam en heet Devland Highlander 12/125. By die koei is Phillip Lee van Hinterland, John Devonport en die hanteerder, Petros Mofokeng.