Die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie word vanjaar vir die sewende agtereenvolgende jaar gehou. Die kompetisie, wat in samewerking met die tydskrifte, Veeplaas en Stockfarm aangebied word, is enig in sy soort en rolspelers meen dat dit al verskeie aspirant-afslaers gehelp het om tot die beroep toe te tree. Ons gesels in 1 Mei 2019 se aflewering van Grootplaas met verlede jaar se wenner van die nasionale jong afslaerskompetisie, Barco van Niekerk. Ons kyk ook na ‘n onlangse gesprek met Rudi van der Westhuizen van Samic oor die wetgewing rakende direkte vleisverkope – kyk uit vir die Mei-uitgawe van Veeplaas vir ‘n volledige artikel rakende direkte vleisverkope.

Weerborg: Laeveld Agrochem

Nuusborg: Netafim 

Kalenderborg: SWAVET

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas