Die PLAAS Landboujeugstigting se Veeplaas-kuddeprojek wat saam met telersorganisasies en skole onderneem word, verloop uitstekend. Morgenzon Landbou-akademie is onlangs aangewys as ALFA se top landbouskool in die land en is ook deel van die Veeplaas-kuddeprojek. Alex Wehmeyer gesels op RSG Landbou meer hieroor en daarna is Gert van der Merwe, ‘n Brafordboer, aan die woord en praat oor sy betrokkenheid by die skool se kuddeprojek. Luister nou na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.