Die duurste bul op die veiling, Lot 5, V160117.

Die Proveld Bonsmara-produksieveiling is op 17 Oktober vanjaar deur Noordkaap Lewendehawe by die Vryburg skougronde aangebied. Daar was geen twyfel dat dit ’n baie suksesvolle veiling was nie. Die afslaer was Theuns Visser.

Die duurste bul, Lot 5, V160117, van Hannes van den Berg van Kalkveld Bonsmaras, is vir R110 000 aan Carel Gutter van Palmietfontein Bonsmaras en Quinton Ferreira van Aardfontein Bonsmaras verkoop. Die gemiddelde prys vir bulle was R52 351.

Kommersiële vroulike diere het ook teen goeie pryse onder die hamer gekom. Koeie en kalwers behaal ’n gemiddelde prys van R22 154. Koeie en kalwers (3-in-1) se gemiddelde prys was R26 850, dragtige koeie verkoop vir gemiddeld R17 550, dragtige verse vir gemiddeld R17 000 en oop verse behaal ’n gemiddelde prys van R10 625. – Veilingsverslag

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here