Die trekkerverkope van 526 eenhede in Februarie is aansienlik (13%) laer as die 604 eenhede wat verlede Februarie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is die verkope vir die eerste twee maande van 2019 ook aansienlik (byna 21%) laer as verlede jaar.

Read it in English. 

Die trekkerverkope vir die opeenvolgende twaalf maande is marginaal (0,3%) hoër as die verkope vir die ooreenstemmende vorige tydperk. Die stroperverkope van 15 eenhede in Februarie is ook aansienlik laer as die 21 eenhede wat verlede Februarie verkoop is. Verkope vir die jaar tot dusver is beduidend (byna 35%) laer as verlede jaar. Die stroperverkope vir die opeenvolgende twaalf maande is marginaal (1%) laer as verlede jaar se verkope.

Hoewel sentiment in die mark verbeter het, is produsente in die meeste gebiede nie seker oor die onmiddellike vooruitsigte vir oesopbrengste nie. Gewasse wat vroeg geplant is, veral in die oostelike dele, lyk oor die algemeen goed. Gewasse wat laat geplant is, is nou afhanklik van volgehoue reën en geen vroeë ryp nie.

Volgens die Oesskattingskomitee sal mielie-opbrengste dié jaar sowat 15% laer wees. Hoewel dit steeds te vroeg in die jaar is om betroubare beramings vir die 2019-kalenderjaar voor te berei, is die aanduidings dat verkope teen ’n soortgelyke vlak of effens laer sal wees as verlede jaar. – SAAMA