Trekkerverkope van 438 eenhede in Augustus is net een eenheid meer as die 437 eenhede wat verlede Augustus verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou net 3% minder as trekkerverkope vir die vorige ooreenstemmende tydperk.

In Augustus is 13 stropers verkoop, terwyl geen stropers verlede Augustus verkoop was nie. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope 18% meer as verkope in die vorige ooreenstemmende tydperk.

Algehele sentiment in die bedryf steeds positief

Hoewel daar gehalte-probleme was met sekere van die somergewasse weens laat reën, was opbrengste oor die algemeen goed.

Dit, tesame met die goeie vooruitsigte vir die winteroes, asook bemoedigende ramings vir die komende somergewasseisoen, het daartoe gelei dat algehele sentiment in die landboumasjineriebedryf positief is. Dié tendens sal waarskynlik volgehou word oor die korttermyn.

Toekomstige vlakke van trekkerverkope

Toekomstige vlakke van verkope sal egter beïnvloed word deur die beskikbaarheid van ouer voorraad teen laer pryse en die uitwerking van die wisselkoers op pryse vir toerusting in die toekoms. Algehele ramings vir die 2020-kalenderjaar lyk beslis nou beter en na verwagting sal verkope teen soortgelyke vlakke as in 2019 wees. – Persverklaring, Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie

Klik hier om Julie se trekkerverkopeverslag te besigtig.

The South African Agricultural Machinery Association (SAAMA) is the official body representing new agricultural machinery manufacturers, importers and builders. SAAMA was founded in 1985. As the official body, SAAMA serves as a combined forum for the agricultural machinery industry in South Africa in which the interests of its members and agriculture as a whole are addressed, promoted and developed.

SAAMA promotes and co-ordinates the collection, processing and publication of agricultural machinery industry statistics.

The SAAMA technical working group focuses on providing direction and support for practical compliance to existing and new legislation which may affect members and their customers.

PRESS RELEASE -