Die trekkerverkope van 417 eenhede in Desember is aansienlik hoër (20%) as die 348 eenhede wat verlede Desember verkoop is. Trekkerverkope vir die 2017-kalenderjaar is nou byna 9% meer in vergelyking met die verkope in 2016.

Read it in English. 

Die stroperverkope van vier eenhede is drie eenhede minder as die sewe eenhede wat verlede Desember verkoop is. Stroperverkope vir die 2017-kalenderjaar is ongeveer 5% hoër as die verkope in 2016.

Die trekkerverkope in Desember was meer as die gemiddelde verkope. Dit dui daarop dat die mark steeds positief is, ten spyte van die laat en wisselvallige reënval, veral in die westelike en noordwestelike somergewasstreke. Die laat reën kan beteken dat sekere boere besluit het om sonneblom aan te plant in plaas van mielies. Vooruitsigte vir verkope oor die volgende paar maande sal grootliks van die weersomstandighede afhang.

Ramings in die bedryf dui daarop dat die trekkerverkope vir die 2018-kalenderjaar min of meer met die verkope vir 2017 sal ooreenstem. – SAAMA

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here