Trekkerverkope van 593 eenhede in November is 39% meer as die 427 eenhede wat verlede November verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 8% meer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Read it in English

In November is vier stropers verkoop – een meer as verlede jaar. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 26% meer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Dié volgehoue tendens in hoër verkope weerspieël die positiewe sentiment in die mark. Dit is ook duidelik volgens die landbouvertroue-indeks, wat op sy hoogste vlak in meer as ses jaar is.

Goeie oeste is in die meeste van die somer- en wintergewasgebiede ingebring. Die weervooruitsigte vir die komende somerreënvalgebiede lyk ook bemoedigend. Algehele ramings vir die 2020-kalenderjaar lyk beslis nou beter, met verkope wat waarskynlik byna 10% meer kan wees as in 2019. – Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie