trekkerverkope

Die 600 trekkers wat in Maart verkoop is, is aansienlik (17%) minder as die 726 eenhede wat verlede Maart verkoop is. Verkope vir die jaar tot dusver (die eerste drie maande van 2019) is ook aansienlik (byna 19%) minder as verlede jaar. Vir die opeenvolgende twaalf maande is trekkerverkope 5% laer as vir die vorige ooreenstemmende tydperk.

Slegs 23 stropers is verkoop, wat twee eenhede minder is as die 25 eenhede wat verlede Maart verkoop is. Verkope vir die jaar tot dusver is aansienlik (22%) minder as verlede jaar. Vir die opeenvolgende twaalf maande is stroperverkope marginaal (3%) minder as vir die vorige ooreenstemmende tydperk.

Die heersende situasie ten opsigte van somergewasvooruitsigte, veral in die westelike dele van die land, is besonder problematies. Die meeste van die gewasse in die oostelike dele van die land is tydig geplant en die meeste van daardie gewasse behoort normale opbrengste te lewer.

In die westelike dele is die meeste gewasse baie laat aangeplant en het nog reën nodig om te groei. Verder is daar die gevaar van vroeë ryp wat dié gewasse groot skade kan berokken.

Met verloop van die 2019-kalenderjaar wil dit voorkom asof verkope tussen 5 en 10% minder sal wees as die 6 700 eenhede wat verlede jaar verkoop is. – SAAMA

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here