Trekkerverkope van 416 eenhede in April is aansienlik (4%) minder as die 432 eenhede wat verlede April verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou 14% laer as verkope in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Lees dit in Engels.

Stroperverkope van 20 eenhede in April is drie eenhede minder as die 23 eenhede wat verlede April verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 8% meer as verkope vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Voedselproduksie gaan onverpoosd voort te midde COVID-19

Hoewel daar baie negatiwiteit in die land is, grootliks aangespoor deur die reaksie op beperkings wat die regering afdwing om die verspreiding van die koronavirus te beperk, gaan voedselproduksie, wat ʼn absoluut noodsaaklike diens is, byna onverpoosd voort. 

Daar staan goeie somergewasse op land en die swak waarde van die rand ondersteun kommoditeitspryse. Algehele sentiment in die mark is positief. Ten spyte hiervan, gaan pryse vir ingevoerde landboumasjinerie egter binnekort aansienlik verhoog moet word, ook weens die rand se swak waarde.  

Verkope oor die korttermyn sal gevolglik waarskynlik goed wees, totdat die voorraad toerusting wat teen die laer pryse beskikbaar is, uitgeput is. Volgens huidige ramings in die bedryf, behoort trekkerverkope tot ongeveer 10% minder te wees as verkope tydens verlede jaar. – SAAMA

Klik hier om die trekkerverkope gedurende Maart te besigtig.