Die 525 trekkers wat in Julie 2018 verkoop is, is sowat 3% meer as die 508 wat in Julie 2017 verkoop is. Vir die jaar tot dusver, vir die eerste sewe maande van die jaar, is byna 11% meer trekkers verkoop as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Read it in English.

Die 12 stropers wat in Julie verkoop is, is een minder as die 13 wat verlede Julie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope sowat 6% laer as dieselfde tydperk verlede jaar.

Trekkerverkope bly redelik lewendig in ’n mark wat steeds uiters mededingend is. Algehele oesvooruitsigte is goed, maar veral die mielieoes is baie laat omdat gewasse in heelwat gebiede nog baie vog het. Die onlangse sterk mark is verstewig danksy verkope van kleiner trekkers in “nie-tradisionele” dele buite die belangrikste graangebiede.

Met dié hoër vlakke van trekkerverkope oor die afgelope maande, is ramings in die bedryf dat tussen 6 750 en 7 000 trekkers, of tussen 5 en 10% meer as in 2017, verkoop gaan word. – SAAMA-verslag