Trekkerverkope van 414 eenhede in Junie 2020 is aansienlik (11%) meer as die 373 eenhede wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou 6% laer as verkope vir die vorige ooreenstemmende tydperk.

Lees dit in Engels.

Stroperverkope van 17 eenhede in Junie is drie eenhede minder as die 20 eenhede wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou 5% meer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Marktoestande onveranderd

Marktoestande stem baie ooreen met die toestande van verlede maand. Boere koop bestaande voorraad teen huidige prysvlakke, voor die onafwendbare prysverhogings wat sal intree weens die swakker waarde van die rand.  

Daar word ook op die oomblik goeie oeste ingebring. Algehele sentiment in die mark bly positief. Verkope sal waarskynlik oor die kort termyn goed bly, terwyl voorraad teen laer pryse opgekoop word. Die huidige marksentiment is steeds dat trekkerverkope in 2020 waarskynlik tot 10% laer kan wees as verlede jaar.  – Persverklaring, Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie