Die trekkerverkope van 726 eenhede in Maart is aansienlik meer (41%) as die 515 eenhede wat in Maart 2017 verkoop is. Die trekkerverkope vir die jaar tot dusver (eerste drie maande van die jaar) is ongeveer 12% hoër as wat dit in die vorige ooreenstemmende tydperk was.

Read it in English.

Die stroperverkope van 25 eenhede is twee eenhede meer as die 23 eenhede wat in Maart 2017 verkoop is, maar die verkope vir die jaar tot dusver is ongeveer 5% laer as vir dieselfde tydperk verlede jaar.

Hoewel die trekkerverkope in Maart die meeste verwagtinge oortref het, bly die meeste fundamentele aspekte in die mark, soos oesvooruitsigte, pryse en die relatiewe sterk rand, grootliks onveranderd. Die meeste kommersiële trekkerkopers hoef nie dadelik besluite te neem nie en kan hul besluite vir ’n maand of twee, totdat daar duideliker oesvooruitsigte is, uitstel. Regeringstenders het verkope dié maand verstewig.

Beramings in die bedryf dui daarop dat verkope vir die 2018-kalenderjaar minstens teen dieselfde vlakke as vir 2017 behoort te wees. SAAMA