Trekkerverkope van 601 eenhede in Maart is byna 30% meer as die 463 eenhede wat verlede Maart verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 29% meer as verlede jaar. In Maart is 27 stropers verkoop, een meer as die 26 eenhede wat verlede Maart verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou 6% minder as verkope verlede jaar.

Read it in English

Sentiment in die mark bly, soos oor die afgelope paar maande, positief. Goeie oeste word op die oomblik ingebring, hoewel daar probleme met gehalte in sekere gebiede is. Kommoditeitspryse bly oor die algemeen goed en met goeie opbrengste vir die seisoen, behoort produksie-inkomste dus goed te wees. Vooruitsigte vir die verkope van landboumasjinerie bly positief vir die res van die jaar. Ramings vir die 2021-kalenderjaar is baie bemoedigend, met trekkerverkope wat waarskynlik tot 15% beter kan wees as in 2020. – Persverklaring, Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-vereniging