Trekkerverkope van 569 eenhede in Junie is byna 19% meer as die 479 eenhede wat verlede jaar in Junie verkoop is. Trekkerverkope vir die eerste vyf maande van die jaar is byna 12% hoër as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar. Stroperverkope van 25 eenhede in Junie is vyf eenhede meer as die 20 eenhede wat verlede jaar in Junie verkoop is. Stroperverkope vir die jaar tot dusver is nou byna 5% laer as verlede jaar se verkope.

Read it in English. 

Trekkerverkope bly baie lewendig in ʼn mark wat selfs meer mededingend geword het. Die algehele oesvooruitsigte lyk goed met die grootste sojaboonoes ooit, van meer as 1,5 miljoen ton, wat nou verwag word. Die mielieoes, wat vervroeg is weens die onlangse baie koue weer, gaan onverpoosd voort. Die jongste raming vir die mielieoes is hoër aangepas tot meer as 13 miljoen ton.

Ongeag die swakker waarde van die rand, bly die oespryse bedruk en dit beïnvloed baie boere se kontantvloei. Met die hoër vlakke van trekkerverkope oor die afgelope maande, is ramings aangepas tot ’n vlak van tussen 6 500 tot 6 750 eenhede vir die jaar. Dit is marginaal meer as die verkope in 2017. – SAAMA