Die hoofdoel van enige veeboerdery is wins. Die belangrikste faktore wat winsgewendheid bepaal, is die vrugbaarheid van diere en die groei van hul nageslag, wat direk afhanklik is van hul voedingstatus. Hoog-produserende diere benodig ’n wye verskeidenheid makro- en mikrovoedingstowwe teen die regte vlakke en in die korrekte balans om optimaal te produseer. Makrovoedingstowwe sluit energie, proteïene en makrominerale soos fosfaat in, terwyl mikrovoedingstowwe ’n wye reeks spoorminerale en sommige vitamiene insluit. Voerkoste kan tot 75% van die totale bedryfskoste van ’n intensiewe veeboerdery beslaan. Dit is dus noodsaaklik dat veeboere voortdurend moontlikhede ondersoek om voeruitgawes te besnoei, sonder om die gehalte van die voer nadelig te beïnvloed.

Selfgeproduseerde voedingstowwe

Een van die eenvoudigste maniere om op voerkoste te bespaar, is om die grootste moontlike fraksie van die voedingstowwe self te produseer, aangesien selfgeproduseerde voedingstowwe goedkoper is as aangekoopte voedingstowwe. Dit is dus ’n algemene praktyk dat boere hul eie ruvoer/hooi en grane produseer en slegs ’n addisionele konsentraat aankoop. Hoe groter die fraksie wat self geproduseer word, hoe goedkoper is die voer per eenheid voedingstof. Die Feedtek-reeks konsentrate is volgens hierdie beginsel ontwikkel. In teenstelling met ander konsentraatreekse, wat meestal draers en ’n groot komponent natuurlike proteïen bevat, bevat die Feedtek-reeks geen draers of natuurlike proteïen nie en is dit dus hoogs gekonsentreerd.

Klik hier vir meer oor die Feedtek-produkreeks.

Die Feedtek-reeks

Draers verhoog die vervoerkoste per eenheid voedingstof, terwyl natuurlike proteïen goedkoper self geproduseer of plaaslik gekoop kan word deur byvoorbeeld koöperasies of kommoditeitshandelaars. Die Feedtek-reeks bevat ook baie lae vogvlakke, wat nie net vervoerkoste bespaar nie, maar ook die produkte se rakleeftyd verleng. Die Feedtek-reeks word vervaardig deur SA Premix, ’n spesialis-voormengselvervaardiger, volgens baie strenggehaltebeheer en standaarde, insluitend FAMI-QS®.

Die samestelling van elke produk word gewaarborg vir volkome gemoedsrus. ‘n Veeboer wat voere met Feedtek-konsentrate meng, gebruik nie net die produkte nie, maar word ondersteun deur ‘n persoonlike en volledige tegniese ondersteuningsdiens. Dit sluit in die identifisering en evaluering van geskikte grondstowwe, voerformulasies, voedingsbestuur, asook hulp met finansiële beplanning en besluitneming.

Vir meer inligting, skakel 086 111 5362, stuur ’n epos aan info@feedtek.co.za of besoek die webtuiste www.feedtek.co.za.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here