Uieproduksie onder die vergrootglas

282

Die verbouing van uie verg besonderse aandag. In Woensdag se program van RSG Landbou praat Steyn van Aardt van Agri Technovation oor die stappe wat gevolg moet word om uie suksesvol te plant en te voed. Luister nou na dié onderhoud.

Ursula Human van Plaas Media het onlangs ’n insiggewende artikel oor voedselveiligheid plaaslik en wêreldwyd geskryf, en sy gesels oor die tendense wat in haar artikel uitgelig word. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Nelia Pienaar aan die woord en sy vertel meer oor ‘n projek waarin honde opgelei word om spoor te sny op plase. Luister nou na dié onderhoud.

Ons sluit die program af met Nampo Kaap wat eersdaags plaasvind. Toit Wessels van Graan SA vertel meer oor wat besoekers die jaar te wagte kan wees. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.