Uitslae van Proveld Bonsmara se Junie-produksieveiling

1097
Dié bul, V14-162, is vir die hoogste prys van R85 000 verkoop op Proveld Bonsmara se Junie-produksieveiling.

Proveld Bonsmara se Junie-produksieveiling is op 13 Junie 2018 by die Vryburg-skougronde gehou en dit was ’n groot sukses. Die duurste bul is vir R85 000 verkoop. Kommersiële vroulike diere het ook goeie pryse behaal.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys bul: R85 000 (Verkoper: Hannes van den Berg, Kalkveld Bonsmaras, Reivilo. Koper: Xolile Mazabane, Klerksdorp)
  • Gemiddelde prys bulle: R46 416
  • Gemiddelde prys koeie en kalwers: R22 416
  • Gemiddelde prys dragtige verse: R20 875
  • Gemiddelde prys oop verse: R8 750

Aangebied deur: Noord-Kaap Lewendehawe

Afslaer: Theuns Visser