Die 24ste Nu-Alcade-produksieveiling, wat op 15 Februarie 2018 by Warmbad Veemark gehou is, het groot belangstelling ontlok. Uitstaande diere van hoë gehalte is aangebied. ’n Omset van R11 674 925 is behaal vir altesaam 537 kommersiële en stoetdiere wat op die veiling verkoop is.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys bul: R120 000 (Verkoper: Thinus Maritz, Groendraai Bonsmaras. Koper: Mooncloud 31 Pty, Witbank)
  • Gemiddelde prys bulle: R59 143
  • Hoogste prys stoetkoei en kalf: R21 000 (Koper: Sebadja Bonsmaras, Groblersdal. Verkoper: Frik Venter, Le Fre Bonsmaras, Bronkhorstspruit)
  • Hoogste prys dragtige stoetkoei: R23 000 (Koper: Derick Massyn, Modimolle. Verkoper: Frik Venter, Le Fre Bonsmaras, Bronkhorstspruit)
  • Hoogste prys dragtige stoetvers: R25 000
  • Hoogste prys dragtige kommersiële koei: R26 000
  • Hoogste prys dragtige kommersiële vers: R28 000
  • Hoogste prys dragtige kommersiële koei en kalf: R29 000

Aangebied deur: Vleissentraal

Afslaers: Mike Killassy en Stefan Greyling