Wolf Edmayr, besturende direkteur van BKB, is gister in Venesië verkies as die nuwe president van die Internasionale Woltekstielorganisasie (IWTO). Dit is die eerste keer dat hierdie eer ’n Suid-Afrikaner te beurt val.

Wolf Edmayr

Wolf het gekwalifiseer as ’n geoktrooieerde rekenmeester by Deloitte & Touche in Johannesburg waarna hy as ouditeursvennoot begin werk het. Daarna het hy die posisie van besturende direkteur ingeneem by Wool Textile Manufacturers (Pty) Ltd, Sweet-Orr en Lybro (Pty) Ltd voordat hy in 2004 by die BKB-groep aangesluit het.

Die wese van sy karakter is gebou op integriteit en goeie waardes en dit vorm die fondasie vir sy lewe, besigheidsverhoudings en -praktyke. Edmayr word beskryf as vriendelik, lojaal en eerlik deur die mense wat hom die beste ken. Hy boer ook deeltyds in die Vrystaat. Wanneer hy nie werk nie hou hy daarvan om te reis en tyd saam met sy familie te spandeer.

Internasionale Woltekstielorganisasie (IWTO)

Die Internasionale Woltekstielorganisasie (IWTO) is in 1930 gestig en word wêreldwyd erken as die registrerende owerheid vir standaarde in die woltekstiel-bedryf. Hul visie en missie is om ’n volhoubare, winsgewende, internasionale wolindustrie te skep wat saamwerk vir die toekoms van wol, en om alle rolspelers in die industrie te verbind deur navorsing en ontwikkeling, asook om woltekstiel opleiding te gee. Lede wat deel vorm van die organisasie sluit alle rolspelers in die wol bedryf in, van boere tot kleinhandelaars. Vir meer inligting besoek gerus die IWTO se webwerf.Persverklaring

Read this article in English.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here