Danie Thomas van Karois Dormers het op 21 April 2018 ’n unieke veiling – die eerste van sy soort vir Suid-Afrika – op die plaas Canada in die Edenville-distrik aangebied. Altesaam 600 Dormers het onder die hamer gekom. Vyf Dormer-stoetooie is saam met Dohne Merino-ooie, wat met embrios van die betrokke skenkerooie ingeplant is, op die veiling verkoop. Die stoetooi wat die hoogste prys behaal het (JH 14-091) en haar ses ontvangerooie, wat reeds nege ingeplante embrio’s bevat, is almal saam vir ’n rekordprys van R100 000 verkoop.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys ram: R85 000 (Koper: Prime Trade-boerdery, Makwassie)
  • Gemiddelde prys geregistreerde ramme: R23 342
  • Gemiddelde prys kudderamme: R14 000
  • Hoogste prys stoetooi en ses ontvanger-ooie: R100 000 (Koper: Adrian Storm, Silver Lakes)
  • Gemiddelde prys stoetooie en ontvanger-ooie: R69 000
  • Hoogste prys geregistreerde ooi: R26 000 (Koper: Adrian Storm, Silver Lakes)
  • Gemiddelde prys geregistreerde ooie: R9 762
  • Hoogste prys dragtige kommersiële ooi (drieling): R5 750 (Koper: Sias Oosthuizen)
  • Gemiddelde prys dragtige kommersiële ooie (drielinge): R5 750
  • Hoogste prys tweelingooi: R5 500 (Koper: David Anderson, Deneysville)
  • Gemiddelde prys tweelingooie: R4 523
  • Gemiddelde prys oop ooie: R2 500

 

Aaangebied deur: BKB Louwid Frankfort

Afslaer: Jan Mostert