Van der Westhuizen permanent aan die stuur van SA Stamboek

773
Dr Japie van der Westhuizen

Die uitvoerende raad van SA Stamboek het aangekondig dat dr Japie van der Westhuizen, wat sedert Julie 2017 as hoofbestuurder van dié organisasie waargeneem het, permanent aangestel is in dié pos.

Read it in English. 

Dit volg na ’n uitgebreide proses om geskikte kandidate te evalueer wat vir die pos aansoek gedoen het en nadat die finaliste deur die uitvoerende raad vir onderhoude genooi is.

Dr Van der Westhuizen is ook die besturende direkteur van Stemma Animalia, ’n maatskappy waarvan SA Stamboek die alleenaandeelhouer is.

Dr Bobbie van der Westhuizen, wat tans deel is van SA Stamboek se afdeling vir genetiese en adviesdienste, is in Japie se vorige pos as bestuurder van dié afdeling aangestel.

SA Stamboek se uitvoerende raad het volle vertroue in sy bestuurders en sien uit daarna om met hulle aan die stuur ’n hoë gehalte diens en produkte vir die bedryf te lewer wat in pas is met moderne behoeftes. – Persverklaring