Die katoenbedryf in Suid-Afrika het ‘n hupstoot gekry met die daarstelling van ‘n moderne katoenpluismeule in die Loskop-omgewing. Hennie Maas praat in RSG Landbou met Joseph Kempen van Loskop Katoen oor dié nuweling in die katoenstal en waar Suid-Afrika staan met katoenproduksie.

Daar is ook inligting oor hoe landboumiddels se etikette geïnterpreteer moet word en wat die wetlike vereistes verbonde aan hierdie etikette is. Dr Gerhard Verdoorn van Croplife Suid-Afrika praat daaroor. Dan is dr Louis Boag aan die woord om te gesels oor die impak van spoormineraaltekorte in wild en vee. Lise Roberts het ook uitgevra oor ‘n onlangse simposium oor rumengesondheid by herkouers. Luister nou na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Zoetis.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.