In Woensdag, 22 Augustus 2018, se RSG Landbou vind ons meer uit oor die Marlo-kwekery, waar tot 60 miljoen saailinge seisoenaal gekweek word. Skaapvleis SA het vanjaar reeds talle interessante projekte aangebied as deel van hulle verbruikersopvoedingsprogram. Die projekbestuurder van Skaapvleis SA, Marina Bester, vertel ons waarop hulle gefokus het. Die vraag na hoenderprodukte sal in die komende jare styg namate die bevolking groei. Frans van Eden, ‘n rekenmeester wat hom toespits op landbousake, verduidelik hoe die intensiewe pluimveeprodusent beter toegang kan kry tot dié ontwikkelende mark. Luister nou dié gesprekke.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Voermol.