In die aflewering van 21 September 2018 se Grootplaas kuier Agbiz en die LWO Werkgewersorganisasie weer by ons in die ateljee.

Ontwikkeling is net so belangrik vir die landbousektor soos vir enige ander bedryfsektor in Suid-Afrika. Theo Boshoff van Agbiz gesels met ons oor ‘n beleidsdokument wat onlangs deur die minister van hoër onderwys en opleiding vir openbare konsultasie gepubliseer is. Daarna gesels Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie met Elsa Esterhuizen oor vaste-termyn dienskontrakte.

Nuusborg: Netafim

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas