Vee- en saaiprodusent is Mpumalanga Landbou Jongboer van die Jaar

0

Estimated reading time: 1 minute

Kirch Muller is onlangs tydens Mpumalanga Landbou se kongresdinee by Forever Resort Badplaas, as die Mpumalanga 2021 Toyota SA/Santam Agri Jongboer van die Jaar aangewys.

Kirch is die uitvoerende bestuurder van die Hoëveld-vertakking van Zonnebloem Boerdery in die Middelburg-distrik.

Hy is verantwoordelik vir beide die saaiery van bykans 6 000ha, en die veevertakking van ongeveer 1 000 beeste. Kirch is ook ’n lid van die Leeuklip Boerevereniging.

Hy is reeds 12 jaar in diens van Zonnebloem Boerdery waar hy as voorman begin werk het. Onder sy bestuur is presisieboerdery by Zonnebloem Boerdery gevestig en word dit steeds toegepas. – Persverklaring, Mpumalanga Landbou

Lees ook hier oor die Agri Noordwes se Jongboer van die Jaar: