In 24 Augustus 2018 se aflewering van Grootplaas fokus ons op die Onderstepoort voerkraal-uitdaging. Sedert Februarie vanjaar het agt groepe veeartsenykundestudente aan die Universiteit van Pretoria, beeste in ‘n gesimuleerde voerkraalomgewing gevoer en bestuur. Die doel van die Onderstepoort voerkraal-uitdaging is om uiteindelik beter produksieveeartse op te lei. Ons drie gaste, prof. Dietmar Holm van die Fakulteit Veeartsenykunde, ‘n voerkraalveearts, dr. Shaun Morris, en ‘n veeartsstudent, Mardi Nel, gesels hieroor.

Nuusborg: Gallagher

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas