Die Onderstepoort Voerkraaluitdaging het verlede week afgeskop, toe 180 veearts-studente van die Universiteit van Pretoria aan ‘n opwindende veiling deelgeneem het. Dr Andy Hentzen gesels in 6 Februarie 2020 se aflewering van Grootplaas oor die doel van hierdie projek, en wat nou op hierdie studente wag.

Daarna kuier Jan Hendrik Venter van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in die ateljee. Hy gesels onder andere oor die feit dat 2020 as die internasionale jaar van plantgesondheid verklaar is.

Nuusborg: Old Mutual

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas.