Die sogenaamde Famacha diagnostiese metode is al wêreldwyd bekend in veekringe. In Maandag se aflewering van RSG Landbou praat Hennie Maas met die grondlegger van die program, dr Faffa Malan. Hy brei oor hoe die metode werk en hoe skaapboere daarby baat kan vind. Luister nou na dié onderhoud.

Lise Roberts gesels ook met Renier Esterhuizen oor die opleidingsaktiwiteite van die Agri Sales Academy Africa. Luister nou na dié onderhoud.

Dan volg daar ‘n bydrae met die nuutaangestelde assistent-wynmaker by Delheim, Nomi Langa. Luister nou na dié onderhoud.

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie is ’n onafhanklike liggaam wat geskep is om arbeidsgeskille op te los. Brunhilde Frohnapfel gee ons ‘n agter-die-skerms-kykie na hoe, en veral watter sake, daar hanteer word. Luister nou na dié onderhoud.

Hennie Maas sluit soos oudergewoonte die program af met die jongste veilingsnuus.

Luister nou na dié lekker onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur ASSA.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.