Kyk weer 9 April 2019 se uitsending van Grootplaas. Christopher Sparks is ‘n veeboer van die Noordoos-Vrystaat. Hy het die afgelope ruk heelwat toekennings ingepalm, soos Suid-Afrikaanse stoetteler van die jaar, en nasionale vleisbeesteler van die jaar. Hy fokus sterk op genetiese verbetering deur meting, en beskou die vleisgehalte van sy Brangus-kudde as uiters belangrik. Ons kyk  na ‘n gesprek met Christopher. Daarna kuier Corné Louw van Graan SA ons in die ateljee, om oor kwessies rondom insette in ‘n graanboerdery te gesels.

Nuusborg: Nutri Feeds

Markteborg: Hinterland

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas