Slimfone, melksake en dieregesondheid. Dis net op Grootplaas waar landbouers op een slag toegang kan kry tot so ‘n uiteenlopende stel relevante landbou-onderwerpe.

Boere is direk afhanklik van selfone om die bestuur van hul boerderye te vergemaklik. David Louw van Cat Phone vertel ons waarom Cat se taai slimfone ‘n goeie belegging vir enige boer is. Daarna gee Barbara Bieldt van die Melkprodusente-organisasie meer agtergrond oor die jaarlikse Skolemelkdag wat in September gevier word. Die bekende en beminde veearts, dok Faffa Malan, kuier ook in die ateljee en hy gesels oor ‘n paar belangrike en relevante dieregesondheidskwessies.

Inhoudsborg: CAT Mobile

Nuusborg: Netafim

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas