Die Veeplaas skole-kuddeprojek het dié week nog momentum gekry toe sy Dexter-stoet op 21 Februarie 2017 by die Landbouskool Hendrik Potgieter in Reddersburg gevestig is. Die diere is deur telers van die Dexter-beestelersgenootskap geskenk. Die telers is ORB Dexters, Amadeus Dexters, Wessenhof Dexters, Zandu Dexters, Stilhou Dexters, Tomar Dexters en Onyx Dexters. Die Dexter-beestelersgenootskap was voor die vestiging van die stoet reeds by die skool betrokke deurdat diere beskikbaar gestel vir die kinders om aan jeugskoue deel te neem.

Dit is die sewende kudde van sy soort. Kuddes van ander rasse is reeds by ander skole gevestig. Lees hier meer oor ander kuddes. WA Lombard, Veeplaas

Luister hier wat WA Lombard oor die projek te sê gehad het op RSG Landbou.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here