Veeplaas se April-uitgawe hiér beskikbaar!

1365

Die landswye inperking weens die COVID-19-pandemie, het ’n reuse-impak gehad op die ekonomie as geheel en die mediabedryf is beslis nie gespaar nie. Ons is baie dankbaar dat die landbou in hierdie tyd kan voortgaan om sy onmisbare rol in ons land se voedselketting te kan speel.

Alhoewel Plaas Media nog volstoom aan die gang is met ons daaglikse radioprogram, RSG Landbou, asook ons TV-program, Grootplaas, en natuurlik ons webwerwe en daaglikse nuus, het ons April-tydskrifuitgawes se verspreiding tot ’n verstaanbare stilstand gekom.

Laai jou aanlynweergawe hier af

Ons is reeds in kontak met ons intekenaars om hulle intussen van PDF-aanlynweergawes van Veeplaas te voorsien. En vir daardie lojale lesers wat elke maand ‘n eksemplaar by die kleinhandelaar koop – laai intussen jou gratis PDF-weergawe hier af:

As jy die Dropbox-toepassing het, gebruik hierdie skakel: https://www.dropbox.com/s/fuc3xjo4wef3e6r/VP0420_online.pdf?dl=0

As jy ‘n Whatsapp-weergawe wil ontvang, stuur asb ‘n Whatsapp na 064 890 6941 met die boodskap: Whatsapp Veeplaas April 2020.

Kyk uit vir die Mei-uitgawe wat 27 April op winkelrakke beskikbaar sal wees. En as jy van die aanlynweergawe hou, teken gerus in by www.magzter.com of kontak Beauty Mthombeni by epos beauty@plaasmedia.co.za of SMS “Inteken” na 064 890 6941 sodat jy voortaan die aanlynweergawe in jou inboks of op Whatsapp kan ontvang.

Tot dan, bly veilig, hou by die reëls – ons het elkeen as individue ook ‘n verpligting om seker te maak dat Suid-Afrika se besighede hul rolle kan hervat teen 17 April. Dit kan net gebeur as elke mens sy deel doen in hierdie tyd.

Lekker lees!

Lynette Louw, HUB en hoofredakteur, Plaas Media