Diereproduksie is een van die belangrikste landbousektore in Suid-Afrika, en lewer ‘n aansienlike bydrae tot die land se ekonomie. Die Suid-Afrikaanse vereniging vir veekunde het onlangs hul 51ste kongres in Bloemfontein aangebied, om kwessies in hierdie sektor aan te spreek. Kyk in 29 Julie 2019 se aflewering van Grootplaas na ‘n insetsel hieroor. Daarna kuier prof Esté van Marle-Köster in die ateljee om uit te brei oor die bedryf, en Kyle Edwards vertel ons meer oor die Veeplaas Student Quiz.

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas