Talle veeveilings het in Junie en Julie plaasgevind. Lees hieronder oor ‘n paar van dié uitslae asook oor ‘n klompie Bonsmaraveilings, Ede Holsteins se eerste produksieveiling asook uitslae van Molopo Ile de France en Coralta SA Vleismerino se veilings.

Ede Holsteins-produksieveiling

Ede Holsteins het op 11 Junie 2019 hul eerste produksieveiling in die Middelburg-distrik gehou. Ede Monsieur, ’n 14-maande oue bul, het die hoogste prys behaal. Dié bul het ’n Suid-Afrikaanse genoomontleding en was die dier op die veiling met die hoogste ontleding vir kuddeleeftyd.

Dié bul, Ede Monsieur, is vir R50 000 aan Johan & Jerrie BK van Delmas verkoop. Agter is Nico Langeveldt, afslaer, en Niel van Rensburg van World Wide Sires. Voor is Poena van Niekerk van Ede Holsteins, Johan Langenhoven, koper, Daniel van Niekerk, hanteerder, en Steven de Villiers, hanteerder.
Veilingsuitslae
  • Gemiddelde prys bulle: R47 500
  • Gemiddelde prys koeie: R19 781
  • Gemiddelde prys dragtige verse: R17 333

Aangebied deur: BKB Van Wyk  Afslaer: Nico Langeveldt

Wicar Boerdery en Hirsaw Livestock Bovelder-veiling

Wicar Boerdery BK en Hirsaw Livestock (Edms) Bpk het op 11 Junie 2019 hul gesamentlike Bovelder-veiling in die Vrede-distrik aangebied.

Dié bul, WCC 16 145, is vir R260 000 verkoop.
Veilingsuitslae
  • Gemiddelde prys Wicar Boerdery-bulle: R61 328
  • Gemiddelde prys Hirsaw Livestock-bulle: R51 363
  • Gemiddelde prys dragtige Wicar Boerdery-verse: R15 750
  • Gemiddelde prys Hirsaw Livestock-verse: R15 000
  • Gemiddelde prys oop Wicar Boerdery-verse: R10 500
  • Gemiddelde prys oop Hirsaw Livestock-verse: R9 166

Aangebied deur: BKB Van Wyk Afslaer: Frik Verster 

Molopo Ile de France-groepveiling

Die 13de Molopo Ile de France-groepveiling is op 8 Junie 2019 by Boereplaas Vakansieoord naby Vryburg gehou.

Boytjie Crispin, koper, en Bossie Clarke, verkoper, by die ram wat vir die hoogste prys van R13 000 verkoop is.
Veilingsuitslae
  • Hoogste prys stoetram: R13 000 (Verkoper: Bossie Clarke, Rondebosch. Koper: Boytjie Crispin, Delareyville)
  • Gemiddelde prys stoetramme: R7 000
  • Hoogste prys stoetooi: R11 000 (Verkoper: Willie Oosthuizen, Vryburg. Koper: Jannie en JL Pretorius, Kuruman)
  • Gemiddelde prys stoetooie: R6 500

Aangebied deur: Noord-Kaap Lewendehawe Vryburg Afslaer: Theuns Visser

Proveld Bonsmara-produksieveiling

Proveld Bonsmara se Junie-produksieveiling is op 12 Junie 2019 by die Vryburg-skougronde gehou.

Dié bul is vir die hoogste prys van R120 000 verkoop.
Veilingsuitslae
  • Hoogste prys bul: R120 000 (Verkoper: Hannes van den Berg, Kalkveld Bonsmaras, Reivilo. Koper: Frans Seevinck, Vryburg, en Pieter de Bruin, Stella)
  • Gemiddelde prys bulle: R58 750
  • Hoogste prys stoetkoeie en kalwers: R23 300
  • Hoogste prys dragtige stoetkoeie en kalwers: R26 500

Aangebied deur: Noord-Kaap Lewendehawe Vryburg Afslaer: Theuns Visser 

Bosveld Bonsmaraklub-veiling

Die Bosveld Bonsmaraklub het op 11 Junie 2019 ’n veiling by die Vaalwater-veilingskrale gehou. Stoetbulle, vroulike kommersiële diere en slagvee is verkoop.

Dié bul van Bufland Boerdery, BEI 16 136, is vir die hoogste prys van R56 000 verkoop.
Veilingsuitslae
  • Hoogste prys stoetbul: R56 000 (Koper: Christo Bruwer, Heidelberg. Verkoper: Bufland Boerdery, Mookgophong)
  • Gemiddelde prys stoetbulle: R42 687
  • Hoogste prys dragtige koei: R15 500
  • Hoogste prys koei en kalf: R22 000
  • Hoogste prys oop vers: R11 500
  • Hoogste prys drie-in-een koei: R24 000
  • Hoogste prys dragtige vers: R14 500

Aangebied deur: Vleissentraal Bosveld Afslaers: Mike Killassy en Flip van der Merwe

Grassfields Beef en Africa Droughtmasters-produksieveiling

Die 16de Grassfields Beef en Africa Droughtmasters-produksieveiling is op 19 Junie 2019 namens Rustin Shawe op die plaas Grassfields in die Wakkerstroom-omgewing gehou. Goeie pryse is behaal.

Hierdie Droughtmaster-bul van Africa Droughtmasters, GRB 16-0012, is vir die hoogste prys van R120 000 verkoop.
Veilingsuitslae
  • Hoogste prys bul: R120 000 (Verkoper: Africa Droughtmasters. Koper: Sakkie Bibi, Verkykerskop)
  • Hoogste prys vers: R48 000 (Verkoper: Africa Droughtmasters. Koper: Carl Crous, Waterford Droughtmasters)
  • Gemiddelde prys Grassfields-bulle: R40 367
  • Gemiddelde prys Africa Droughtmasters-bulle: R74 423
  • Gemiddelde prys Grassfields-verse: R16 263
  • Gemiddelde prys Africa Droughtmasters-verse: R16 263

Aangebied deur: Vleissentraal Afslaer: Paul Botha

Up George Bonsmaras-produksieveiling

Up George Bonsmaras het hulle 21ste produksieveiling op 5 Julie 2019 op die plaas Up George naby Wasbank in KwaZulu-Natal gehou. Altesaam 66 bulle en 55 vroulike diere is verkoop.

Dié bul, LAR16-93, is vir R500 000 verkoop
Veilingsuitslae
  • Hoogste prys bul: R500 000 (Koper: Sebadja Bonsmaras, Roedtan)
  • Tweede hoogste prys bul: R380 000 (Koper: Boeram Venter, Kirkwood)
  • Gemiddelde prys bulle: R96 106
  • Hoogste prys koei en kalf: R105 000 (Koper: Sebadja Bonsmaras, Roedtan)
  • Gemiddelde prys koeie en kalwers: R53 143
  • Gemiddelde prys stoetkoeie en kalwers: R31 440

Aangebied deur: AAM Afslaer: Brandon Leer

Coralta SA Vleismerino’s-produksieveiling

Coralta SA Vleismerino’s se 16de produksieveiling is op26 Junie 2019 op die plaas Coralta naby Schweizer-Reneke gehou. Altesaam 31 ramme en 28 stoetooie is verkoop.

Hierdie SA Vleismerino-ram, COR 7134, is vir die hoogste prys van R15 000 verkoop. Van links is Corlize van den Heever, stoetbestuurder, Jan Mostert, afslaer, Johan Rosseau, koper, Johannes Sejalimoto, hanteerder, en Cornie en Alta van den Heever, verkopers.
Veilingsuitsae
  • Hoogste prys ram: R15 000 (Verkoper: Cornie van den Heever, Schweizer Reneke. Koper:Johan Rosseau, Migdol)
  • Gemiddelde prys ramme: R8 581 
  • Gemiddelde prys ooie: R3 607

Aangebied deur: BKB Louwid Kroonstad Afslaer: Jan Mostert