Veeplaas

Veeplaas is ‘n veekundige vaktydskrif wat na landbou kyk deur die oë van die veeboer. Die tydskrif fokus op dit wat die veeboer se sak raak en bly weg van politiek. Of jy nou ‘n beesboer, skaapboer, bokboer, wolboer, melkboer of wildboer is – ons is die tydskrif vir jou!

Lees Veeplaas in Oktober

Lees Veeplaas in Oktober

Oktober is tradisioneel ’n baie besige maand op die veeplaas. Met die lente nou in sy doodsnikke en die somer letterlik op ons voorstoep, is nou die tyd om seker te maak jou plaas is gerat vir die warm maande. Watervoorsiening, beskerming teen veesiektes, voldoende weiding – dit is alles aspekte wat vir die veeboer van die uiterste belang is vir hierdie uitdagende tydperk. Hierdie uitgawe bevat ook ’n spesiale fokus op die varkbedryf. Leer meer oor varkvoeding, -genetika en teling.

Lees ook artikels oor:

  • NWKV-projekte vir opkomende boere.
  • Verkopersverklaring
  • Spoorminerale en bulprestasie.
  • Vervangingsverse vir die mark.
  • Dekgewasse sorg vir maksimum wins.
  • Uitdagings by die meganisasie van kuilvoer.
  • Bloednier en skielike vrektes.
  • Die verskil tussen vratte en knopvelsiekte.
  • Baie en goeie vleis met kruisteeltstelsels.
  • Plaasbewoners se verblyfvoorwaardes.
  • Waardetoevoeging in die wildbedryf.

Kry jou uitgawe van Veeplaas vandag nog by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Die maandelikse uitgawe van Veeplaas is ook as ’n elektroniese tydskrif beskikbaar. Die huidige uitgawe kan by www.magzter.com aangekoop word of u kan op die PDF-weergawe inteken. Kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 vir meer inligting.

Teken in op ons digitale weergawe

Teken in op ons gedrukte weergawe

Kontak Beauty Mthombeni op 064 890 6941 of  beauty@plaasmedia.co.za. Of SMS jou naam en “Inteken” na 064 890 6941.