In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou gesels dr Phillip Strydom van die Landbounavorsingraad op Irene oor produksiedoeltreffendheid by veeboerdery. Hy sê veeprodusente moet vandag meer produksiedoeltreffend as ooit wees, om in die wêreldvraag na diereproteïen te voorsien. Luister nou na dié onderhoud.

Lise Roberts gesels ook met Frans van Eden van Prioritise oor die begrip ‘resessie’ en hoe dit die landbou raak. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Carin Venter aan die woord oor die droëbonebedryf. Dié slag gesels sy met Mossie Mostert van die Droëboonprodusente-organisasie oor die stand van die bedryf. Dan is twee droëboonprodusente van Koekenaap, JP en Annaléne de Villiers, aan die woord en hulle gesels oor hulle boerdery. Deirdré Fourie is ook ‘n droëboonprodusent en sy gesels oor haar besigheid. Luister nou na dié onderhoude.

Ons sluit die program af met ‘n lekker veilings en Johan Myburgh vertel meer oor die Kings Heath Bonsmara-veiling. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur MSD Animal Health.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.