Dinsdag se aflewering van RSG Landbou fokus weer op ‘n verskeidenheid van interessante onderwerpe.

Ons skop af met veilingsnuus. Gert Nel brei uit oor die Mid-Vrystaat Bonsmara-veiling en daarna is Stephan Matthews aan die woord oor die opkomende Prosim-veiling. Luister nou na dié onderhoude.

Wat presies word met die begrip diskriminasie bedoel? Adv Ernst Richter van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik wat dit behels en waarom landbouers dit moet verstaan. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna kuier RSG Landbou op ‘n wildsplaas in die Kimberley-omgewing, waar dr Anndri Garrett en haar man, uitmuntende genetiese eienskappe onder wild monitor met die oog op volhoubare produksie. Luister nou na dié onderhoud.

Ons maak ook weer ‘n draai by die afgelope ALFA vee-ekspo en Karlien Greeff vertel ons meer oor die eienskappe van boerboele. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Nutri Feeds

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.